Ons is God se gehoorsame kinders wat deur geloof,  hoop, liefde en diens ʼn veilige hawe bied en uitreik na almal.  
 

Byeenkomste

 Verskeie byeenkomste word gehou waarvan die volledige besonderhede op die almanak verskyn.  Die volgende byeenkomste word gehou:

Kerkdienste word deur die jaar op Sondae in die oggend om 09:00 en die aand om 18:30 gehou.  Gedurende die wintermaande is die aanderediens om 18:00.  Daar is geen aanddienste gedurende die skoolvakansies nie.

Kleuterkerk word vir die 2-6 jariges tydens die eredienste in die klein saal ingeruim.  Skool vakansies, langnaweke, kinderdienste en nagmaalgeleenthede word uitgesluit. 

Kinderkerk vir graad 1 tot 3’s word tydens eredienste in die groot saal ingeruim.  Skool vakansies, langnaweke, kinderdienste en nagmaalgeleenthede word uitgesluit.

Nagmaal word ‘n aantal kere deur die jaar gevier tydens die oggenddiens en ‘n toewydingsnagmaal word tydens die aand in Januarie gevier.

Doopdiens vind plaas elke derde Sondag van ‘n maand en doopname moet ‘n maand voor die tyd ingegee word aan die Saakgelastigde.

Week van gebed word gehou in Januarie van Maandag tot Vrydag om die gemeente van Christus toe te rus en te versterk vir die jaar wat voorlę.

Paasnaweek word gevier met nagmaal op Goeie Vrydag en ‘n opstandingsdiens op die Sondag.

Hemelvaartdiens word gehou op 40 dae na die opstandingsdiens en dit word gevolg deur

Pinksterdienste van Sondag tot Vrydag.

Kinderdienste word ingeruim op sekere Sondae van elke kwartaal en is ingestel op die jeug op ‘n besonderse wyse.

Sendingdienste word ingeruim tydens sekere dienste deur die jaar waar predikers op uitnodiging optree.

Kerssangdiens word aan die einde van die jaar deur lied, prediking en koorsang gehou.

Kersdiens word op kersdag, 25 Desember, om 09:00 gehou om die geboorte van Christus te herdenk.

Oujaarsdiens word om 17:30 op die 31ste Desember gehou.

 
 

Copyright © 2011 NG Kerk Waverley Oos