Ons is God se gehoorsame kinders wat deur geloof,  hoop, liefde en diens ʼn veilige hawe bied en uitreik na almal.  
 

Op soek?

Hier staan ek, ek soek ‘n gemeente.

Daar is baie gemeentes in Pretoria. Waarom sal ek Waverley-Oos kies?
Wat maak Waverley-Oos uniek? Hoekom staan hierdie gemeente uit en wil ek graag hier aanbid?

Dis lekker om openhartig met jou hieroor te kan gesels. Dis lekker om te weet waar jy met mense staan. Dis lekker en opwindend om deel te wees van iets wat baie groter as jy is. Om deel te wees van ’n groep mense met verskillende gawes wat kwaliteit aandag, energie en tyd spandeer om gesamentlik iets luisterryk en pragtig te vorm. Dis lekker om te identifiseer met verhewe dinge. Dis goed vir die gees en die gemoed om my en my gesin se lewens te voed en te vul met kwaliteit en gehalte. Ja, dis nou maar eenmaal een van die grootste lekkertes om jou kinders te sien geestelik blom.

WAVErley-ooS = WAVES - Hier maak ons golwe!

Hoe is Waverley-Oos?

• Lewend
• Dinamies
• Opwindend
• Vars
• Besielend


Wat bied hierdie gemeente jou?


• ’n Geestelike tuiste
• ’n Plek waar jou totale geestelike welsyn aandag kry
• ’n Ruimte vir groei
• Geborgenheid
• Genoeg veiligheid sodat jy waarlik, eg jouself kan wees
• Liefde
• Harmonie, humor en lag
• ’n plek waar jy jou ten volle voor God en mense kan uitleef.


Waarvoor lιιf ons?


• Vir God
• Vir mekaar


Wie het ’n Plek hier?


Waverley-Oos is ’n plek waar elkeen welkom is, en waar elkeen ’n plek in ons gemeente het. Oud en jonk, mooi en lelik, vet en maer, lank en kort, mans en vroue, getroud en ongetroud, straight en gay, wit en swart, ryk en arm, geleerd en ongeleerd, geskoold en ongeskoold, vakmanne, akademici, hiper konserwatief en verlig, elkeen, het ’n plek in Waverley-Oos. Ons geniet, benut en vier ons verskeidenheid. Hier wil ons nie hκ almal moet min of meer dieselfde wees, dieselfde dink, en dieselfde voel nie. Ons geniet verskeidenheid as deel van die uniekheid en andersheid waarmee God ons elkeen geskape het. Soos ons in die natuur die veelheid van kleur en tekstuur van plante, diere, voλls, insekte en landskappe geniet, geniet ons in Waverley-Oos unieke, vrydenkende en interessante mense. Elk anders. Jy het ’n plek hier.

Verbintenis

Waverley-Oos se lidmate het hulself vrywillig verbind tot ’n aantal baie belangrike sake, sodat elkeen presies weet waartoe ons as ’n groep onsself verbind het. Ons is verbind tot :


Onvoorwaardelike liefde.
Ek sal my medegelowiges liefhκ, selfs al stem ons nie altyd saam nie.


Algehele beskikbaarheid.
Ek stel myself, my tyd, my energie, my insig en my gawes tot beskikking van die gemeente.


Getroue voorbidding.
Ek sal gereeld vir hierdie gemeente, en spesiale sake soos uitgelig, voorbidding doen.


Groot openheid.
Ek sal my lief en leed, voorspoed en teenspoed, probleme en ideale met my medegelowiges deel.


Absolute eerlikheid.
Ek onderneem om altyd in liefde die waarheid te praat.


Sensitiwiteit vir ander.
Ek sal met Christus se gesindheid lewe, met Sy oλ kyk, met Sy ore luister en met Sy hart omgee.


Waaragtige vertroulikheid.
Ek beloof om nie vertroulike dinge vir ander mense oor te vertel nie.


Volkome beheer deur die Heilige Gees.
Ek wil onder beheer van die Heilige Gees lewe en myself en my gawes tot diens en seλn van die gemeente stel.


Getroue bywoning.
Ek onderneem om gereeld kerk- en groepbyeenkomste by te woon.


Dankoffer.
Ek onderneem om elke maand getrou my dankoffer te gee.


Waardes

Ons is ’n gemeente met waardes. Ons put ons waardes uit God se Woord. Dit is die lig vir ons pad (Psalm 119:105) en daarvolgens leef ons. Liefde tot God en liefde tot ons naaste staan absoluut sentraal in ons gemeente se lewe. Daarom is ons : (1Kor 13)

• Geduldig
• Vriendelik
• Nie afgunstig nie
• Nie grootpraterig nie
• Nie verwaand nie
• Ons handel nie onwelvoeglik nie
• Soek nie ons eie belang nie
• Is nie liggeraak nie
• Hou nie boek van die kwaad nie
• Ons verbly ons nie oor onreg nie
• Ons verheug ons oor die waarheid


Hier dra ons die vrug van die Gees.(Gal 5:22)

Ons het :

• Liefde
• Vreugde
• Vrede
• Geduld
• Vriendelikheid
• Goedhartigheid
• Getrouheid
• Nederigheid
• Selfbeheersing

Ons streef na alles wat : (Fil 4:8)

• waar is
• edel is
• reg is
• rein is
• mooi is
• deugdelik is
• prysenswaardig is
• lofwaardig is.

Ons verstaan onsself as geseλnde mense, want ons is afhanklik van God. Ons sκ dit, bely dit, glo dit en leef dit. (Matt 5:3)


Doelgerig

Ons gemeente is doelgerig. Ons kerkraad is doelgerig. Ons diensrade is doelgerig. Ons lidmate is doelgerig. Ons is een van hart, een van sin en een van strewe. Ons lewens het betekenis, kwaliteit en rigting. Na aanleiding van Rick Warren se boek : “Die doelgerigte lewe,” besef ons :

• ons is vir God se behae beplan
• ons is vir God se familie geskep
• ons is geskep om soos Christus te word
• elkeen is geskep om God te dien
• elkeen is vir ’n sending geskep.


Hoe is ons nie?

Ten slotte help dit dalk om ’n aanduiding te gee van hoe ons onsself as gemeente nie verstaan nie. Ons is nie outyds, verkramp, eng of eksklusief nie. Ons is nie doods of onveranderlik nie. Ons is nie preuts of uitermate vroom of ortodoks nie. Ons is nie snobisties, egosentries of aanstellerig nie. Ons is nie ’n ryk, meerderwaardige of ‘n blink gemeente, wat graag die kollig steel nie. Ons is nie ’n kompiterende en vertonerige gemeente nie. Ons wil nie die voorblad van die pers haal en uitstallerig wees nie. Ons hou ons nie op met die praktyke van die sondige natuur nie, nl : onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap of uitspattigheid nie. (Gal 5:19)

Uitnodiging

As jy met hierdie waardes vereenselwig, nooi ek jou hartlik uit. Kom besoek ons ’n slag. Kom kyk wat jy sien en ervaar. Miskien is dit net die plek vir jou. Ek sal bly en gelukkig voel as ons gemeente in jou en jou gesin se lewe ’n verskil kan maak. Ek weet van ’n paar honderd gesinne wat hier ’n hawe gevind het, ’n rusplek vir die siel. Ek glo ons kan dit vir jou ook wees.

************
 

 
 

Copyright © 2011 NG Kerk Waverley Oos